4x4-Roetes deur Suider-Afrika

ebook

By Philip Sackville-Scott

cover image of 4x4-Roetes deur Suider-Afrika

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today
Libby_app_icon.svg

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

app-store-button-en.svg play-store-badge-en.svg
LibbyDevices.png

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Loading...

Is daar enigiets wat 'n buitelugliefhebber 'n groter gevoel van opwinding en afwagting gee as om in sy 4X4 te klim, die sleutel te draai en versigtig uit sy oprit te ry aan die begin van 'n ontdekkingsreis, 'n wonderlike veldavontuur? Jy en jou gesin het ongetwyfeld baie tyd daaraan bestee om moontlike bestemmings na te vors, julleself en die voertuig gereed te kry, en te besluit in watter styl julle hierdie tyd saam wil deurbring terwyl julle al die wonders en gevoel van vryheid van 'n veldryvakansie ervaar.

Daar is net soveel opsies vir 'n veldryvakansie as wat daar 4X4-modelle is. Jy kan:alleen gaansaam met 'n paar goeie vriende van die gesin reisnuwe vriende maak en by 'n klubtoer aansluitby 'n kommersiële veldryondernemer se toer aansluitJou keuse van akkommodasie kan die volgende wees:bly oor in chalets en herberge kampering'n kombinasie van chalets en kampering volledige dienstegedeeltelike diensteselfversorgend.Jou besluit oor die styl waarin jy so 'n reis wil onderneem sal heel waarskynlik afhang van 'n kombinasie van sekere deurslaggewende faktore, soos: jou persoonlike vlak van veldryopleiding en -ondervindingjou gesin se bedrewenheid in veldryjou gesin se voor- en afkeurejou voertuig se gereedheidsvlakdie toerusting wat jy versamel hethoeveel tyd jy het om jou reis te beplan en besprekings te doendie beskikbaarheid van alle gesinslede (jaarlikse verlof, skool- en universiteitsvakansies, huisoppasser, hondeoppasser, ens.)en les bes, die begroting.Maar die mooiste van 'n veeldaagse ekspedisietipe veldtoer soos wat in hierdie boek beskryf word, is dat daar letterlik iets vir almal is. Party mense is voldoende toegerus om op eie houtjie 'n week lange reis deur die Tankwa Karoo of Richtersveld Nasionale Park te onderneem, maar sal nie droom om na Kaokoland of Angola te ry sonder die beskerming van 'n opgeleide en bekwame veldgids nie. Sommige mense het eenvoudig nie die tyd of kundigheid om die roetebeplanning en besprekings te doen, logistiek te bereken en 'n groep veilig te lei nie, terwyl ander dit alles as pret en 'n integrerende deel van die reis beskou. Na gelang van jou kennis van navigasie, jou veldoriëntering, jou vermoë om noodplanne vir onvoorsiene gebeurlikhede (hetsy meganies, medies of andersins) te beraam, verkies jy miskien om saam met 'n ervare vriend te reis. As jy niemand ken wat geskik is nie sal jy waarskynlik by 'n georganiseerde konvooi aansluit, waar jy eenvoudig sonder enige bekommernisse (hopelik) agter die leier aanry! Jy is per slot van rekening met vakansie en as iemand anders die verantwoordelikheid kan aanvaar, waarom nie?Hierdie boek bevat 'n versameling van gewilde Suider-Afrikaanse avontuurtoere met die klem op begeleide, ekspedisietipe (veeldaagse) selfry- en selfsorgkampeertoere—dis 'n hele mond vol, maar darem ook 'n volledige beskrywing! Die oogmerk is om belangstelling in veldrytoere te wek by diegene wat dit nog nie probeer het nie, asook om nuwe bestemmings voor te stel vir mense wat reeds 'n sekere mate van ondervinding het. Al daardie 4X4's wat op die grootpaaie ry, moet minstens een keer in hul leeftyd in die veld kom! Ons erken dat daar talle uiters ervare en hoogs opgeleide veldryers is wat reeds jare lank sommige van hierdie roetes ry. Daar is ook deskundiges op spesifieke gebiede—soos geologie, flora, fauna, rotskuns, fotografie, geografie en geskiedenis—wat moontlik sal dink dat ons beskrywings van die toere nie deeglik genoeg is nie. Ons het nie probeer om al die fyn besonderhede te verstrek nie, maar eerder om 'n oorsig van al die baie aspekte te gee.

4x4-Roetes deur Suider-Afrika