Ena Murray Omnibus 37

ebook

By Ena Murray

cover image of Ena Murray Omnibus 37

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today
Libby_app_icon.svg

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

app-store-button-en.svg play-store-badge-en.svg
LibbyDevices.png

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Loading...
In Die Meissner-kliniek ontmoet die leser die stigter van die eksklusiewe privaat kliniek, dokter Albert Meissner – ook bekend as Godfather – en die gedugte span dokters wat vir hom werk. So lojaal is hulle teenoor hom, en so toegewyd tot hul taak, dat hulle onder die res van die medici in die land bekend staan as die Mafia! Maar op 'n dag word die vrede en kliniese orde in die kliniek omvergewerp wanneer 'n nuwe trolliejoggie daar begin werk, 'n meisiekind wat lyk asof sy nog op skool hoort met haar jeans en tekkies en twee boksterte. Min weet die ander dokters dat sy eintlik 'n gekwalifiseerde pediater is, én die ware kleindogter van dokter Albert Meissner! In Dokter Julene verlaat Julene Meissner die veilige hawe van die Meissnerkliniek om haar by haar biologiese pa in Switserland aan te sluit. Nóg hy nóg sy vrou van veertig jaar het egter van dié dogter se bestaan geweet . . . Julene besef gou dat sy nie Switserland haar nuwe tuiste wil maak nie, en aanvaar oorhaastig 'n tydelike pos as persoonlike geneesheer van 'n verwende Turkse meisie wat haar rug in 'n ski-ongeluk beseer het. Julene het gehoop om sodoende nie net 'n inkomste te verdien nie, maar ook vir die eerste keer in haar lewe die wêreld buite Suid-Afrika te verken. Maar sy is min voorbereid op die eksotiese sjarme en oorrompelende magnetisme van Istanboel – en veral een inwoner van dié Turkse stad . . . En in Die ongebore uur het Inge Buchner, agterkleindogter van dr. Albert Meissner, een doel voor oë: om te sorg dat daar eendag weer 'n dokter met die van Meissner aan die hoof van die kliniek staan. Dis dié dat sy in haar tweede jaar medies besluit om Suid-Afrika te verlaat en haar studie in Duitsland voort te sit – aan die Universiteit van Hamburg, dáár waar die Meissners oorspronklik vandaan kom . . .
Ena Murray Omnibus 37