Sarah du Pisanie Omnibus 8

ebook

By Sarah du Pisanie

cover image of Sarah du Pisanie Omnibus 8

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today
Libby_app_icon.svg

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

app-store-button-en.svg play-store-badge-en.svg
LibbyDevices.png

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Loading...
'n Juffrou vir Skurwekop Met 'n ysterhand regeer Bertus Kruger oor sy klein koninkryk – Skurwekop se landbouskool. Totdat juffrou Annie Delport die eerste vrou word wat die heiligdom van hierdie mannedomein betree. Gou hou sy die seuns se harte in die holte van haar hand – en inspireer hulle onwetend om 'n dans van die liefde spesiaal vir hul juffrou te skep. Hard soos kameeldoringhout Wat vrees sy die meeste? Dié wilde, ongetemde land, of hierdie woeste barbaar? Martie Schlage trek ongenooid agter transportryer Braam Potgieter aan, want ná haar ma se dood móét sy net by haar sendelingpa uitkom. "Braam is wild, so hard soos kameeldoringhout. Wanneer hy die dag besef jy is 'n vrou, wil ek nog sien hoe gedra hy hom soos 'n heer!" het Pieter van Bergen gewaarsku. Maar waarheen kan Martie vlug? En wil sy vlug? Sandroos uit Meob As Ansa maar net nooit haar vrouwees in 'n swart nonnegewaad probeer verskuil het nie; as sy net nie 'n leuenweb oor Braam Venter geweef het nie . . . Maar dit was ter wille van suster Theresa, ter wille van oorlewing. Want hoe moes hulle anders uit die verlate spookdorp Meob by die beskawing uitkom? Louw Greyling het net een doelwit – vergelding en om Braam Venter en sy diamante te kry. Suster Ansa is die padkaart na daardie skat. Min kon hy droom dat daar ook 'n roete na sy hart is . . .
Sarah du Pisanie Omnibus 8