Slagyster

ebook

By Rudie van Rensburg

cover image of Slagyster

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today
Libby_app_icon.svg

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

app-store-button-en.svg play-store-badge-en.svg
LibbyDevices.png

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Loading...
Daar's 'n moorddossier op inspekteur Kassie Kasselman se lessenaar . . . In die woude van die Niger-delta word Ryan Deetlefs, 'n Suid-Afrikaanse werknemer van die geldgierige Star Petro, gevange gehou deur 'n rebellegroep wat reeds verantwoordelik was vir die dood van etlike oliewerkers. Haarhoff, Malan en Van Dyk Transport in Kaapstad is 'n baie suksesvolle onderneming, en eersdaags sal die drie kollegas nóg dieper rol in die geld. Hulle het 'n uiters lonende byverdienste, in samewerking met SAPD-hoëlui en die Nigeriese sluikhandel. Maar hoe gemaak met Brink van Dyk en sy Taliban-kwellinge? Carl het afgetree op sy splinternuwe olyfplaas in die Karoo. Hy's klaar met polisiemol-dwelmhandel en die skadulewe . . . totdat sy voormalige bevelvoerder daar opdaag met 'n versoek wat Carl eenvoudig nie kan weier nie – een wat hom in kontak gaan bring met Afrika se mees gewetenlose skurke. En hy't self nie 'n silwerskoon verlede nie . . . Van dit alles moet inspekteur Kassie Kasselman – posseël- en boeremusiekliefhebber, alleenloper-speurder met 'n ernstige waarskuwing op sy diensrekord – sin maak. Iemand het sleg geknoei, maar hoe hoog op strek die kwaad? Slagyster is 'n debuut-spanningsverhaal deur 'n opwindende nuwe stem in die genre, en vir inspekteur Kasselman sal ons vorentoe weer ontmoet.
Slagyster