Wolf, wolf

ebook

By Eben Venter

cover image of Wolf, wolf

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today
Libby_app_icon.svg

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

app-store-button-en.svg play-store-badge-en.svg
LibbyDevices.png

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Loading...
Op die skerm van die kring-TV sien hy dit: twee skerp gepunte hondeore by die voorhek. 'n Wolfhond? Hy hou die knoppie in en tuur na die blougrys nagtoneel – en die buitengewoon groot hondekop wat hom stip aanstaar. Daar is iets aan die stil blik van die donker oë wat nie heeltemal reg lyk nie, en die oomblik dat die hees stem oor die luidspreker kom, weet Mattheüs wat dit is. "Matt," sê die hondebek, "dis ek. Maak oop asseblief." Mattheüs Duiker, seun van Benjamin Duiker, eertydse eienaar van Duiker's Motors, maak die hek van die Kaapse herehuis oop vir sy minnaar Jack. Vermom soos 'n wolf dring Jack die intieme donkerte binne waar Matt wag dat sy pa doodgaan sodat sý lewe kan begin. Blinkoog oor die vooruitsigte sluip die twee jonges verby die studeerkamer waar die blinde ou man, deurdrenk van droewe verknogthede en donker vermoedens, sit en wag vir die voetval van die dood. Eben Venter se roman is 'n diepsnydende ondersoek na die verhouding tussen pa en seun, na die ontreddering van 'n man wat bitter min uit die verlede kan neem om hom toe te rus vir 'n lewe in 'n snel veranderende bestel. Intens. Ontstellend. 'n Meesterlike ontrafeling van die dun lyn van gevoel – Venter aan die toppunt van sy vermoëns.
Wolf, wolf