Ons oorlog

ebook

By Klaas Steytler

cover image of Ons oorlog

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today
Libby_app_icon.svg

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

app-store-button-en.svg play-store-badge-en.svg
LibbyDevices.png

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Loading...
Die vuur begin met geweldige drif in die huis te brand. Aan die westekant van die garingbome trek yl grys rook die lug in; die lappie winterkoring is ook brandgesteek. Oor 'n ruk sal net 'n swart tapyt agterbly. Lenie trek al die registers uit en pomp die musiekie se twee pedale. Sy speel 'n psalm. "Die vloekpsalm, Psalm 69, Leentjie. Die vloekpsalm." Ons oorlog verweef intieme familiestories in die groter landskap van die oorlog in die Oranje-Vrystaat, om 'n deurleefde beeld te gee van die stryd tussen Brittanje en die Boererepublieke – die lot op plase, te velde, in konsentrasiekampe en Bloemfontein; en ook van die private stryd binne gesinsverband. In die familie is daar meelopers en bittereinders, geestelik weerbare vroue en weerlose kinders. Dit gaan ook oor "oorloë" wat op 'n oorlog volg – die onopgeloste konflikte ná die sluiting van vrede. Met deurstraalde eenvoud word 'n ontroerende tafereel van die verwikkeldheid en onontkombare droefnis van oorlog geskilder. Klaas Steytler se familieroman gaan oor ontberinge en byna ondraaglike smart, maar ook oor 'n soeke om die verlede te begryp, oor die invloed van vorige geslagte op nasate, en oor uiteindelike versoening.
Ons oorlog