Identifiseer die Bome van Suider-Afrika

ebook

By Braam van Wyk

cover image of Identifiseer die Bome van Suider-Afrika

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today
Libby_app_icon.svg

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

app-store-button-en.svg play-store-badge-en.svg
LibbyDevices.png

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Loading...
Identifikasie van bome word algemeen as moeilik beskou, veral in 'n streek soos suider-Afrika met 'n groot planteverskeidenheid waar sowat 2 100 boomspesies natuurlik voorkom, met nog 'n paar honderd meer wat uit ander dele van die wêreld afkomstig is. Identifiseer die Bome van Suider-Afrika bevorder 'n benadering wat lesers sal toerus om enige veldgids tot bome met groter gemak en meer vertroue te gebruik. Die boek is in twee dele verdeel: Deel Een, goed toegelig met kleurillustrasies en foto's, beskryf die verskillende dele van 'n boom en hul rol by identifikasie. Deel Twee bevat 'n sleutel tot 43 boomgroepe gebaseer op maklik waarneembare stingel- en blaarkenmerke. Daar is gevind dat dit vir die leek nuttiger is om groepe te herken eerder as die formele plantkundige families wat dikwels gebruik word. Die gebruik van 'n simbool om die hoofkenmerke van elke groep uit te beeld, maak dit vir die beginner makliker om 'n begrip van die verskeidenheid bome te vorm.
Identifiseer die Bome van Suider-Afrika