Christine le Roux Omnibus 8

ebook

By Christine le Roux

cover image of Christine le Roux Omnibus 8

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today
Libby_app_icon.svg

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

app-store-button-en.svg play-store-badge-en.svg
LibbyDevices.png

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Loading...
Die agste omnibus van hierdie gewilde skrywer bevat drie heerlike liefdesverhale wat met humor en sentiwiteit vertel word.Tweede beste: Nicolette wil Jack 'n les leer wanneer hy nie kans sien vir 'n naweek in die berge saam met haar nie. Sy nooi die stil Philip de Waal saam met die idee om Jack jaloers te maak. "Jy speel met vuur," waarsku haar vriendin, en inderdaad, onvoorsiene dinge gebeur en veroorsaak dat Nicolette later nie meer seker is of sy haar eie hart ken nie. Die uitkenningsparade: Wanneer Karlien vir Steven Joubert by 'n partytjie ontmoet en hoor dat hy graag wil trou, bied sy aan om hom te help vrou soek. Buitendien het Neil, haar verloofde wat in die Midde-Ooste werk, voorgestel dat sy 'n projek kry om haar mee besig te hou terwyl hy weg is. Sy het egter min sukses met die vrousoek-"projek" en intussen begin sy al hoe meer bedenkinge kry oor haar en Neil se trouplanne. Verlore dekade: Op 'n dag kruis Alexandra Nel se paaie weer met diƩ van Ryno, die man wat sy al tien jaar lank probeer vergeet. Sy het nie geweet hy is weer terug uit die buiteland nie, en die skanse wat sy om haar hart gebou het, begin stadig verkrummel. Maar daar is die ernstige siekte van haar vriend Louis, en buitendien, Ryno dra 'n trouring.
Christine le Roux Omnibus 8