Baie Worde

ebook Identiteit En Transformasie By Antjie Krog

By Jacomien van Niekerk

cover image of Baie Worde

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today
Libby_app_icon.svg

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

app-store-button-en.svg play-store-badge-en.svg
LibbyDevices.png

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Loading...

In haar 'transformasie-trilogie' bestaande uit Country of My Skull (1998), A Change of Tongue (2003) en Begging to be Black (2009) artikuleer Antjie Krog haar kritiek op en weerstand teen bepaalde opvattings van Westerse moderniteit. Die nagevolge van kolonialisme in Suid-Afrika in die vorm van apartheid, en die modernistiese skepping van 'ras' word as problematiese konsepte hanteer en Krog onderneem soektogte na 'n alternatiewe manier van wees in Suid-Afrika. Jacomien van Niekerk karteer in 'baie worde': Identiteit en transformasie by Antjie Krog die argumente wat in die loop van die trilogie opgebou word rondom die nou-vervlegte konsepte van kolonialisme/postkolonialisme, 'ras', identiteit, 'n Afrika-wêreldbeeld' en die Suid-Afrikaanse nasie—en maak as sodanig 'n bydrae tot aktuele diskoerse.Lof vir 'baie worde': Identiteit en transformasie by Antjie Krog:"Dié studie lewer ongetwyfeld 'n bydrae tot Krog-studies sowel as nadenke oor identiteit (individueel en kollektief) in die Suid-Afrikaanse konteks."— PROF. WILLIE BURGER, UNIVERSITEIT VAN PRETORIA, PRETORIA"Hierdie is 'n uitstekende studie wat belangrike nuwe insigte in die transformasie-trilogie van Antjie Krog oplewer."— PROF. LUC RENDERS, UNIVERSITEIT VAN HASSELT, BELGIË"Soos Antjie Krog se tekste is hierdie studie grensoorskrydend—die argumente en konsepte van die politieke en morele fi losofi e, literêre analise en kulturele studies word hier vernuftig aangewend om interessante perspektiewe te bied op die betrokke tekste."— PROF. STEWARD VAN WYK, UNIVERSITEIT VAN WES-KAAPLAND, BELLVILLE"Jacomien van Niekerk lewer 'n besondere bydrae tot die kritiese diskoers oor Antjie Krog se werk, nie net binne die veld van Afrikaanse literatuurstudie nie, maar ook binne die groter veld van Krog-studies op sowel nasionale as internasionale vlak."— PROF. LOUISE VILJOEN, UNIVERSITEIT VAN STELLENBOSCH, STELLENBOSCHJacomien van Niekerk doseer Afrikaanse letterkunde aan die Universiteit van Pretoria.

Baie Worde