Vlerke vir almal

ebook

By Marion Erskine

cover image of Vlerke vir almal

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today
Libby_app_icon.svg

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

app-store-button-en.svg play-store-badge-en.svg
LibbyDevices.png

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Loading...
Karlien draai haar handpalms na onder en kruis haar duime oor mekaar. Dan begin sy die gefladder van 'n skoenlapper naboots. Ek staar na haar. Skielik is Karlien vir my die mooiste meisie wat ek in my hele lewe gesien het. Ons al vier staan in 'n sirkel en doen die skoenlapper-ding. Stadig. Diskreet. Ek sien in my geestesoog hoe leerders oor die hele wêreld saamstaan en mekaar teen boelies ondersteun. Nou verstaan ek waarom Nicola altyd so aangegaan het oor hierdie insek. Die skoenlapper is 'n simbool van hoop, van lewe. Ek besef nou meer as ooit hoe verskriklik baie ek haar mis. Sewentienjarige Dewald se ouers stuur hom na 'n nuwe skool ná sy lewe omvergegooi is. Elke skool het nuwe uitdagings en dis nie maklik om 'n tiener te wees met 'n skielike hakkelprobleem nie. Dewald probeer weer sy balans vind; om sin te maak van hoekom sy beste vriendin hom nooit ingesluit het in haar grootste besluit nie. Dit terwyl hy reeds 'n vyand gemaak het van een van die grootste boelies in die skool.
Vlerke vir almal