Krygers

ebook Die Poort 4 · Die Poort

By Nelia Engelbrecht

cover image of Krygers

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today
Libby_app_icon.svg

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

app-store-button-en.svg play-store-badge-en.svg
LibbyDevices.png

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Loading...
"Jy het dalk hierdie geveg gewen, Kali van Gaia, maar die oorlog is nog lank nie verby nie. Solank ons vir Zak het, het ek mag oor jou." Hy kyk minagtend na Leonardo. "Julle emosies is julle swakheid; julle ondergang." Ek leun vooroor en pers spikkels dans voor my oë. 'n Tikkie vrees flits vir 'n oomblik oor Chanda-Mundia se gesig. Ek knip my oë en die pers verdwyn. "Om vir mekaar om te gee, maak ons sterk, nie swak nie. En glo my, daar is nie 'n plek in die heelal wat ek nie sal omkeer om vir Zak te kry nie." Die Nuweling-Bewakers het die Internasionale Raad erg ontstel met hulle onvermoë om hulle Kragte en Magte te beheer, daarom bevind hulle hulle nou in Ierland. Maar Wicklow-kasteel is meer as net 'n opleidingsentrum – dis ook 'n gesofistikeerde beheersentrum wat al die Poorte op aarde monitor. Wanneer Kali 'n onwelkome gas in die kasteel toelaat, ontketen dit 'n reaksie wat die Ander die mag kan gee waarna hulle smag, en Kali se Bewakerkring vir altyd kan vernietig.
Krygers