21+

ebook

By Jan Rabie

cover image of 21+

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today
Libby_app_icon.svg

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

app-store-button-en.svg play-store-badge-en.svg
LibbyDevices.png

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Loading...
Hierdie surrealistiese kortprosas met digterlike aanwending van die woord is beduidend anders as die tradisionele realistiese kortverhaal in Afrikaans. Temas soos die samelewing se skuld aan die ondergang van die individu ("Die man met die swaar been"); die verskrikking van die uitwissing van die Jode in die Tweede Wêreldoorlog ("Die nuwe piramides") en die impak van eerste liefde ("Die dag van die roos") word in min en eenvoudige woorde met maksimum effek uitgebeeld. Die rasseverhoudinge word aangedurf in 'n stuk soos "Droogte", waar die wit man homself van die swart man isoleer, maar dan ook van die hele wêreld daarbuite. Hy bou homself toe in 'n huis sonder deure en vensters, sodat die swart man nie kan inkom nie, maar verseël daarmee ook sy eie lot. Ook "Plek vir een" toon aan hoe velkleur nie die eendersheid van die mens kan verander nie. Teenoor hierdie toespelings op die Suid-Afrikaanse aktualiteit werk hy in twee verhale met temas uit die kontemporêre Europese geskiedenis. "Lied oor Niemandsland" se tema is die geloof in waardes wat hoër gaan as die politiek. Die liefde van 'n jong soldaat vir 'n meisie wat in dieselfde dorpie as hy woon, word deur ideologiese grense gestuit.
21+