Wreed en mooi is die dood

ebook Verhale oor verlies, hunkering en heling

By Tobie Wiese

cover image of Wreed en mooi is die dood

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today
Libby_app_icon.svg

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

app-store-button-en.svg play-store-badge-en.svg
LibbyDevices.png

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Loading...
Al is die dood 'n feit soos 'n koei, vermy die meeste van ons dit om daaroor te dink of te praat. Hierdie boek probeer om dié stilte te verbreek. In Wreed én mooi is die dood deel bekende Afrikaanse skrywers hulle verhale oor verlies en heling. Dit bied insig in hoe om die trauma van 'n geliefde se dood te hanteer en jou eie sterflikheid te konfronteer. Só skryf Marita van der Vyver roerend oor haar babaseun se dood, terwyl Valda Jansen beskryf hoe sy aanvanklik lamgelê is deur die nuus dat sy kanker het en Kerneels Breytenbach vertel hoe sy vrou se sterwe hom tot selfkennis gelei het. 'n Jong paramedikus berig oor sy gereelde ontmoetings met die dood en 'n sterwensbegeleier vertel hoe dit moontlik is om hierdie wêreld blymoedig te verlaat. Daar is selfs 'n bietjie humor... soos die storie oor die jong dominee wat in 'n leë graf beland het en Annelie Botes se lang lys voorskrifte vir haar begrafnis. Die dood is wreed ja, maar dit kan – verrassend genoeg ̶ ook mooi wees.
Wreed en mooi is die dood