Oor krygers, korrelkoppe en konkelaars

ebook Ongewone verhale uit ons verlede

By Max du Preez

cover image of Oor krygers, korrelkoppe en konkelaars

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today
Libby_app_icon.svg

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

app-store-button-en.svg play-store-badge-en.svg
LibbyDevices.png

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Loading...

Moenie verwag dat hierdie stories enigsins gaan wees soos die geskiedenis wat jy op skool of universiteit geleer het nie. Max du Preez sit die mense, die karakters, terug in die geskiedenis.

Oor krygers, korrelkoppe en konkelaars bevat 'n keur van die verhale uit die uiters gewilde Of Warriors, Lovers and Prophets van 2004 en Of Tricksters, Tyrants and Turncoats van 2008. Heelwat van dié stories is verder nagevors en herskryf. Daar is ook drie splinternuwe verhale: die merkwaardige storie van die Franse Hugenoteseun wat skipbreuk gely en deur 'n Xhosahoofman as sy eie aangeneem is; die Engelse lady wat haar glanslewe in Londen vir 'n ossewa verruil en voor en tydens die Anglo-Boereoorlog in die ou Transvaal gesmous het; en die groep Duitse oorlogswesies wat in 1948 in Suid-Afrika aangekom en hier as Afrikaners diep spore getrap het.

Daar is stories van Khoikhoi wat as hofknape in die buiteland gebly het; 'n Duitser wat 'n Koranna-hoofman geword het; van die merkwaardige wysgeer Mohlomi, die "Boere-Tarzan" Coenraad de Buys; die bittere broedertwis tussen Christiaan en Piet de Wet; van generaal Koos de la Rey se merkwaardige vrou Nonnie; en van twee aspirant-sluipmoordenaars, Robey Leibbrandt en David Pratt.

Só word die leser deur al die draaie en dramas van ons geskiedenis geneem – sonder om sondebokke te soek of enigiemand te laat skuldig voel.

Max du Preez bewys wéér dat die geskiedenis interessanter – en meer pret – as fiksie kan wees.

Oor krygers, korrelkoppe en konkelaars