Die kleur van verlange

ebook n Verhaal van onbaatsugtige liefde

By Helena Hugo

cover image of Die kleur van verlange

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today
Libby_app_icon.svg

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

app-store-button-en.svg play-store-badge-en.svg
LibbyDevices.png

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Loading...

Wie sou twintig jaar gelede kon droom dat Patsy Kennedy se seun, Grant, 'n ereplek in die Massyns van Weerbegin se familiestamboom sal kry? Wie sou kon dink dat die koeël wat Nadia Jonker getref het 'n kettingreaksie sou veroorsaak wat welgestelde en bevooregte mense met nuwe oë sal laat kyk na die armoede en ellende van hul medemense? Grant Kennedy was sy lewe lank onder die indruk dat sy pa oorlede is, maar hier sit hy nou langs sy ouma Dollie, op pad na sy pa se familieplaas, Weerbegin. Hy het nie eens geweet van die bestaan van die Massyns nie, wat nog te sê dat hulle familie is! Boonop is hulle vooraanstaande lede van die gemeenskap en nou word daar van hom verwag om in sy pa se voetspore te volg. Om sy pa te ontmoet, is wonderlik, maar Grant sal moet besluit wat hy wil hê – Londen of Weerbegin, 'n Yamaha-handelaar of 'n perdeplaas, Nadia of Stephanie. Skielik lyk die toekoms nie so eenvoudig nie. Op haar beurt bekommer sy ma, Patsy, haar ook oor die toekoms. Dirk is haar groot liefde en sy smag daarna om hom terug te hê in haar lewe, maar is dit hoegenaamd moontlik? Grant en Patsy is nie die enigstes wat met verlange in hul harte rondloop nie – daar is ook Oudokter, die een wat ander se wonde heel maak, maar sy eie nie gesond kan kry nie. Al wat hy ken, is die blou pad van hartseer en eensaamheid. Hy wag al twintig jaar vir die liefde van sy lewe, soveel jaar om die verlange van sy hart te stil.

Die kleur van verlange is die laaste aflewering in Helena Hugo se gewilde drieluik oor die lewens van karakters soos Nadia, Grant, Patsy en Dirk. Lesers sal hulle verdiep in die verhaal van liefde en medelye wat uit haat en selfsug gebore word. Waar gaan dit eindig en waar het dit alles begin?

Die kleur van verlange