Landbou Boereplanne

magazine 2016 · Landbou Boereplanne

cover image of Landbou Boereplanne

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today
Libby_app_icon.svg

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

app-store-button-en.svg play-store-badge-en.svg
LibbyDevices.png

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Loading...

Die bekende uitdrukking “ ’n boer maak ’n plan” bestaan nie om dowe neute nie. Suid-Afrikaanse boere is bekend om hul vindingrykheid – van ’n stelsel om paddas uit ‘n besproeiingstelsel te hou tot ’n vangnet om wildverskuiwing te vergemaklik. Die manne en vroue het vernuftige idees – en dan bou hulle dit sommer self! Langer as ’n dekade al publiseer Landbouweekblad dié planmaakstories in die gewilde Boereplan-rubriek. Die beste van 2017 en 2018 se planne word nou saamgebundel in ’n vierde, spesiale glansuitgawe. Lees ook nuwe artikels soos hoe Jannie Myburgh, ’n boer van Ermelo, verstommende werktuie soos ’n vierlyndraadspanner, trekkervurkhyser en alternatiewe stronkkapper ontwerp het. Van herlewingslandbou en energieslim ontwerpe tot meganisasie wat elke denkbare boerderyvertakking vergemaklik – dié toeganklike tegnologie sal plaaswerk vergemaklik..

ONS HEIL LÊ BY DIE PLANMAKERS

PLANMAKERS UIT ALLE OORDE

FRASERBURG SE GROOT NGUNI-TREK • Jou gemiddelde Karoomens ken nie ’n bees so goed soos ’n skaap nie. Selfs met ’n paar planne en ’n ou hand uit die Kalahari kan dit lol, vertel WILLEM VAN DER BERG.

’N KLOMPIE VINNIGE PLANNE • Van elegante laetegnologie-uitvindings tot ingewikkelde hoëtegnologie-ontwerpe — ons boere stel nie teleur nie!

DISSIPLINE SPAAR TYD EN GELD • Vir mnr. Sybrand Mouton (links), ’n werktuigkundige met 26 jaar se ervaring, is orde, dissipline en goed opgeleide, verantwoordelike drywers die troefkaarte vir ’n laekoste-werkswinkel. JOHAN VAN DER MERWE het met hom gesels.

‘PARTE’-SKUUR MAAK PLAASWERK SEEPGLAD • ’n Oos-Vrystaatse boer het vir hom ’n reuseonderdeleskuur gebou waarin hy derduisende onderdele hou.

SÓ RIG JY ’N WERKSWINKEL IN • Mnr. André Brink van die plaas Groot Phesantekraal by Durbanville se werkswinkel doen herstel- en konstruksiewerk vir vyf plase en vervaardig ook onder meer plaashekke en sleepwaentjies. Mnr. Pietie van Wyk, werkswinkelbestuurder, wys hoe dit ingerig is.

WOESTYN-SPINNEKOP SPAN SY WEB • Dit sit nie in enige man se broek om ’n woestyntemmer te bou en te verkoop nie. Dis egter presies wat ’n Namibiese werktuigkundige reggekry het met sy Namib Spider, waarvan meer as honderd op ou plaasbakkie-onderstelle rondry.

‘GEE ONS DIE GOEIE OU DIKWIEL . . .’ • ’n Groot deel van die vervoer van werkers op talle Suid-Afrikaanse plase berus nog op die betroubare dikwiel-trapfiets. JASPER RAATS het met ’n paar boere en fietswerktuigkundiges in Limpopo gepraat.

KALIBREER MET FIETSMETER • Danksy ’n spotgoedkoop fietsafstandsmeter kan ’n boer van Malmesbury sy planter se kalibrering toets én die plantspoed dophou.

SONPOMP TEEN MODDER BESKERM • Die slim plasing van ’n sonpomp kan die watervoorsiening vir vee- en wildsuipings aansienlik doeltreffender maak.

POMP SKAKEL SELF AAN EN AF • In die Karoo tel elke druppel water. Mnr. Michael Muller van die plaas De Cypher naby Carnarvon bespaar krag met onder meer ’n pomp wat self aan- en afskakel.

WATTER SOORT KRAG MOET EK OPWEK? • As dit by die opwekking van jou eie elektrisiteit kom, is daar talle moontlikhede. Wat kies ek? Twee kenners sê die klem moet op bekostigbaarheid en praktiese oorwegings val.

SONSTELSEL BETAAL HOMSELF • ’n Nuttige en slim sonkragstelsel bring groot besparings aan elektrisiteitsverbruik en rande vir ’n jong boer in Limpopo mee.

SKOP ESKOM SÓ UIT • Me. Sarah Allan, ’n omgewingsadviseur van die KwaZulu-Natalse Middelland, het ses jaar gelede besluit om Eskom van haar kleinhoewe af te skop. Sy het waardevolle lesse geleer.

NOOD LEER BID • Wanneer ’n praktiese ingesteldheid deel van ’n jong Vrystater se genetiese samestelling is, staan sy hande vir niks verkeerd nie. In die geval van mnr. DJ van der Linde van Bothaville dra geen blinknuwe trekkers en werktuie by tot sy boerderysukses nie....

Landbou Boereplanne