Weg! Platteland

magazine Somer 2021 · Weg! Platteland

cover image of Weg! Platteland

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today
Libby_app_icon.svg

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

app-store-button-en.svg play-store-badge-en.svg
LibbyDevices.png

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Loading...

Leef stadiger, leef lekkerder: Weg Platteland vier die leefstyl en entrepreneursgees van die mense wie se hart in die platteland lê – of hulle klaar daar woon, daar grootgeword het, beplan om soontoe te trek, graag daar gaan kuier of net hunker na ’n lewe weg van die gejaag. Die tydskrif is prakties én inspirerend, en ewe lekker om te lees en te kyk met artikels oor entrepreneurs, selfdoenprojekte, diere, tuine, kos, dorpe en mense.

Bou ’n somerpaleis…

Weg! Platteland

Vertel ons

Tyd vir boekevat • Die feestyd is onder meer braaityd, eettyd, leestyd en TVkyktyd – en dié vyf nuwe boeke beloof om die blaaskans nóg lekkerder te maak.

Ons gaan dorp toe • Die somer is hier in sy volle glorie. Koel af met dié vrolike nuwighede vir stoepsit, skemerkelkies, tuinmaak, die swembad of die Kersboom.

Land van kant en water • Die meeste reisigers na die Laeveld en omstreke ken Schoemanskloof as “die pad met al die sitrusbome en stadige vragmotors”, maar volg in Mia Louw se voetspore en draai ’n slag af op die R539 om die Kloof en sy mense te leer ken.

Ontmoet die mense

Op ’n Sondag in Vanrhynsdorp • Is jy een van diegene wat altyd nog net van die N7 af by Vanrhynsdorp ingeswaai het vir petrol en ’n pie? Kom stap saam met ons ’n draai deur die res van die dorp, want in sy strate wag vele juweeltjies.

In die spore van Vloog Theron • Die flambojante “Boeremafioso”Vloog Theron se lewe is in vele opsigte gevorm deur sy grootwordjare op die Swartlandse dorp Koringberg, waar hy relatief normaal kon grootword, al moes hy weens polio lank in staalharnasse oor die weg kom. Platteland het in reaksie op ’n nuwe roman deur sy oudste dogter, Anoeschka von Meck, teruggeloop op sy spore en verskeie verbysterende feite en vreemde “toevallighede” ontdek.

’n Boer maak ’n plan Die stille groei van plaastoerisme • In ’n wêreld waar mense toenemend smag na ’n eenvoudiger en gesonder lewenstyl het plaastoerisme ’n al hoe gewilder vorm van kuier op die Suid-Afrikaanse platteland geword. Madeleine Barnard gesels met ’n paar boere wat blink planne gemaak het.

Son see & stoepsit • Omtrent 4 km noord van Dwarskersbos vat die Weskus en Sandveld hande op Wamakersvlei, ’n omgewingsvriendelike strandplaas-met-’n-storie wat aan die Rocherpannatuurreservaat grens. En danksy die versiendheid van ’n “naweekboer” kan ook jý nou hier in een van vier gerestoureerde veewagters- en vissermanshuise van die res van die wêreld kom vergeet.

Ballade van ’n bakker • Régte suurdeegbrood bestaan uit slegs vier basiese elemente, maar om dit te bak het jy meer tyd en geduld nodig as waaraan die moderne mens gewoond is. Tog kan dié ontdekkingsreis vol wonderlike verrassings wees.

Bak & brou • Jeff en Sue Lawrence was reg vir aftree by hulle naweekhuis op Wakkerstroom, maar toe begin hulle bak en brou… en toe hulle weer sien, is daar meer as een besigheid om hulle uit die kwaad te hou. Ons het gaan kuier en bak by Country Bread.

Gee vir hulle liefde en rou kos • As jy jou troeteldiere kosgee, moet dit oor húlle gesondheid gaan en nie oor jou eie gerief nie. Begin vir hulle rou kos gee – ’n gesonde mengsel van vleis, bene, organe en groente, sê Bruce Poultney

BYE werk vir óns voedsel • Soos die wêreldbevolking groei, neem voedselproduksie én ons behoefte aan bestuiwers ook toe. Evan Naudé het in die Overberg by ’n kommersiële heuningboer ’n draai gemaak om uit te vind wat tans dié bedryf laat gons.

Ons gaan tuin toe • Die somer is sinoniem met die gezoem van bye en al wat ’n ander insek is. Ons kyk deur die lens van ’n kenner wat wys hoe om dié outjies af te neem, kuier in ’n insekkunstenaar se ateljee, en gesels op ’n Facebook-insekblad waar dit behoorlik gons!

Skadu-oase • Op knetterwarm dae wanneer ’n mens net kaalvoet...

Weg! Platteland