Weg!

magazine Weg! Toerfiets · Weg!

cover image of Weg!

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today
Libby_app_icon.svg

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

app-store-button-en.svg play-store-badge-en.svg
LibbyDevices.png

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Loading...

Suid-Afrika se voorste reistydskrif is enige buitelewemens se paspoort tot bekostigbare bestemmings en blyplek in Suidelike-Afrika. Elke uitgawe is volgepak met puik foto’s en gesaghebbende stories oor interessante mense en plekke (en wat om daar te doen). Kamp, voetslaan, fotografie, toerusting, kos, die langpad, en avontuur is ook deel van Weg se DNS. En omdat ons nie freebies aanvaar nie en self vir alles betaal, weet lesers hulle kan ons inligting vertrou. Of jy wil wegbreek vir die naweek of ’n lang vakansie, jou reis begin hier...

Heita, ons trap in Afrikaans!

Weg! Toerfiets

Die span agter die uitgawe • Geen tydskrif verskyn vanself uit die niet nie. Hier is ons ywerige medewerkers wat hul kennis en ervaring aan ons beskikbaar gestel het om ’n vars en diverse tydskrif saam te stel.

’n Bier in Agadir • In die uitmergelende landskap van avontuurrenne pas Jenny Tough se naam soos ’n handskoen. Maar in die Atlasgebergtes van Marokko het jy meer as net ’n hardekwas naam nodig om te oorleef.

Tawwe Tina van avontuurrenne

WAARDE SONDER SKADE • Nuut in die sport? Of net lus vir ’n sakpas fiets wat nie uitmekaar gaan val as jy jou been oorswaai nie? Hier’s ’n vyftal nuwe fietse wat jy vir minder as R35 000 kan aanskaf – plus een staatmaker as Plan B.

NUUT OP DIE RAK • Daar’s altyd nuwe items wat op die markplein verskyn. Hier’s ons lys waarmee jy jou volgende toer net daardie aks geriefliker kan inrig.

Bonjour, 2021! • Lus vir iets anders as nog ’n Wines2Whales-sessie? Neem die gesin se Hartenbos-vakansiegeld en bespreek vir jou en jou vriende daardie eenkeerin-jou-leeftyd oorsese toer. Hier’s ’n gids met van die interessantste avontuurrenne wat in 2021 wag.

Karkloof laat jou speke sing • Net buite Pietermaritzburg sit KwaZulu-Natal se fietsry-mekka – waar jy liefs jou kar wil parkeer en per fiets verder trap.

ToerKas

UITGEVAT VIR DIE LANGPAD • Soos ’n Bok-sege oor die Kiwi’s, is die goudstandaard vir enige langafstand-toer om net gemaklik te kan wees. Hier’s ’n paar items waarmee jy jou volgende avontuur hoekvlag toe kan stuur.

(Kool)stof tot nadenke • Is koolstofveselfietse en-onderdele die prys werd, of kan jy net so goed oor die weg kom met aluminium?

WOEMA VIR JOU AVONTUUR • Tegnologie – dis nie net op die fiets waar dinge vinniger as ’n geeltrui-muur in die Armstrong-huishouding verander het nie. Toer-toerusting maak net so flink opgang. Saal dus op en bekyk dié items wat die tegno-rak aan die brand het.

’N ABBA VIR JOU FIETS • Behalwe lekker musiek, maak die Swede ook gawe motors. Jip, Volvo se XC40 sou Benny, Björn en die res in hul wit lyfpakke trots maak.

Plan B se sportnutse • ’n Deftige Volvo is begeerlik. Maar oorweeg ook hierdie kompakte (en meer bekostigbare) stofpadryers as gawe vasmaakplek vir jou nuwe bergfiets.

’n Dakrak wat lekker pak • Moeg van die gesukkel om almal se skoene, waterbottels en vuil klere in die laaibak te pas? ’n Dakrak kan jou probleme uit die pad kry.

Koelkomkommer soos ’n lammer • Moeg dat almal by die waterpunt wye draaie om jou poliëster-drafhemp stap? Daar’s hoop – en dit vanaf die Oos-Kaap en sy (wollerige) inwoners, nogal.

Draai briek aan vir flou remme • Gebruik ’n Saterdag en diens self ’n slag jou fiets se remme. Ons wys jou hoe om dit in ’n paar flink stappe te doen.

Sakpas in die Sederberg • Dis wilde rots- en fynboswêreld dié. Maar bring jou fiets en vriende vir ’n naweek. Jy sal met meer as net selfies en frisser bobene terugkeer.

ToerKas

KOES VIR DIE KLIPPE • Bekend vir hul sterk waarde-aanbieding en kinderfietse, mik Titan nou om groot naam te maak in die plaaslike renbergfiets-mark.

Op sleeptou deur Slowenië • Tien dae op Slowenië se agterpaaie en deur woude – met net haar fiets en ’n...

Weg!