SARIE

magazine January - February 2021 · SARIE

cover image of SARIE

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today
Libby_app_icon.svg

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

app-store-button-en.svg play-store-badge-en.svg
LibbyDevices.png

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Loading...

SARIE is die voorkeur-glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika met ‘n moderne wêreldbeskouiing. SARIE is ‘n intieme deel van haar lewe en ‘n ware voortsetting van haar leefstyl. Maand ná maand vertel die tydskrif tipies Suid-Afrikaanse stories wat haar altyd goed laat voel oor haarself en haar wêreld. Dis na SARIE dat sy haar wend vir kernoplossings en vertroude geselsies. Dis waar sy haar spesiale inspirasie vind.

Michelle se...

Geluk, Nicqie!

ons inspirasie

ons wêreld

MELVILLE KOELSTE SA BUURT

Julle sê ... • SÊ DIT, SKRYF DIT, TWIET DIT, DEEL DIT IN SARIE & OP FACEBOOK, TWITTER & INSTAGRAM

#JYISGENOEG RAAK ELKE VROU

Sarie

Nataniël sê ...

Nicqie Robinson • Elkeen het ’n storie om te vertel en dit moet gehoor word. Want dís wat die deure van hoop oopsluit, glo Nicqie Robinson, SARIE se Voorbladgesigwenner in die 10de jaar van die wedstryd

5 minute MET NICQIE

Agter die skerms • ’n Jaar soos geen ander nie! Maar SARIE Voorbladgesig het sterk bly staan met die 10 finaliste wat vir die eerste keer in Kaapstad en Johannesburg gefotografeer is. Hulle het mekaar, én ons, meestal op WhatsApp leer ken. Anders, maar steeds inspirerend. ’n Reis om altyd te onthou

’n Man soos DEON • Nou ja, daar word Deon Lotz se karakter toe in die eerste episode van die M-Net-telenovelle Legacy van ’n krans afgestamp – nogal deur sy dogter. Maar dan het hy ook, deur sy wyd uiteenlopende repertoire van rolle, net mooi alles al beleef. Dis nou voor die kamera. As hy homself moet speel, he-he, dit sal nou vir jou ’n ding wees . . .

ROELINE SKITTER SONDER VERTOON • Sy is ster-materiaal. En so veelsydig soos haar bekende ma, Elsabé Daneel. Blitssepie, telenovelle, komediedrama, radiowerk, dit net in één grendelmaand. Aktrise Roeline Daneel doen haar ding – sonder vertoon of aansit

2020 vs 2021 • Geen fortuinverteller of tendenskenner sou ooit 2020 op ons planeet kon voorsien of voorspel nie. Dit was ’n jaar van malligheid, moeilikheid maar ook mooi oomblikke. Ons waag om te vra hoe 2021 gaan lyk . . .

Mart-Mari & Kyle Dods

MART-MARI & KYLE WEN

MY MENSE MY ÁLLES, EK WIL HUL TROTS MAAK

5 ikone, vele gedagtes • Op die verhoog, voor die kamera, agter die skerms. Elkeen is ’n ikoon uit eie reg. Liani Jansen van Rensburg het vyf bekendes in die bedryf oor hul loopbaan en die lewe gepols

KLAS VAN 2001 • Dis 20 jaar sedert hulle die skoolbanke gegroet het. Daar was hoogtepunte, laagtepunte en ’n magdom lewenslesse tussendeur. Vyf bekendes kyk terug op hul twee dekades sedert matriek . . .

Blou ink & pen haar unieke mooi • Koppies, pierings, kleinbordjies. Fynwit porselein en uniek met kunswerke in die blouste ink. Ontmoet Linette Coetzee van die Oos-Rand, die kunstenaar agter die mooi van SARIE se nuutste projek, SARIEmooi

Ietsie moois vir teetyd • Wie onthou Ouma se mooi teekoppies van fyn porselein wat in die uitstalkas in die voorhuis gebêre is? SARIEmooi gee daardie trend ’n eietydse kinkel met hierdie besonderse teekoppie-enkoekbordjiestel.

’N PRENTJIE = 1000 WOORDE • Hoe sit jy die emosie terug in teksboodskappe? Laat emoji die praatwerk doen! Só raak jy byvoorbeeld makliker geholpe as jy aanlyn ’n romantiese maat soek. Weet egter ook die gebruik daarvan het mense al met die gereg laat bots

WYS MY JOU EMOJI . . .

VAN WAAR, GEHASI?

SÓ VRIENDELIK!

NASIONALE SPORT(S)

My 10 top-geldlesse • As kind het sy sekere wanopvattings oor geld aangeleer wat haar hele benadering tot finansies bepaal het. Dit was ’n lang pad tot nuwe insigte, maar vandag help finansiële beplanner Kim Potgieter ander vroue om beheer van hul geldsake te neem

Beste van ...

SARIE