Inleiding tot Die Onderwysreg

ebook

By IJ Oosthuizen

cover image of Inleiding tot Die Onderwysreg

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today
Libby_app_icon.svg

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

app-store-button-en.svg play-store-badge-en.svg
LibbyDevices.png

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Loading...

Die arbeidswetgewing wat betrekking het op die onderwysomgewing is omvattend en dek 'n groot verskeidenheid aspekte waarmee almal binne hierdie omgewing op een of ander stadium te doen kry. Waar daar in die verlede moontlik 'n vae begrip van veral wette en regulasies ten opsigte van diensvoorwaardes by meeste werknemers in die onderwys teenwoordig was, is dit nou onontbeerlik om 'n basiese begrip van alle relevante wetgewing en regulasies wat van toepassing is, te h̻. Veral onderwysers kan hulle in die spreekwoordelike mynveld bevind indien hulle nie seker maak dat hulle oor die basiese kennis van onderwysreg beskik nie. Dit word gestaaf deur die talle hofsake, dispute, mediasie, dissiplin̻re verhore en die dikwels onaangename implikasies daarvan vir indiwidue (en hul gesinne) wat voortspruit uit aanklagte teen oortreders in alle sektore van die onderwys. Wetswysigings na aanleiding van veranderde omstandighede binne die onderwys, lei tot die behoefte om voortdurend op die hoogte van die implikasies en toepassing daarvan te wees. Hierdie dringende behoefte geld nie alleen vir skoolhoofde nie, maar vir elkeen betrokke by onderwys. Aan die een kant berus die korrekte toepassing en implementering by die beheerliggaam en die hoof van 'n inrigting, maar aan die anderkant raak dit die mense wat daar werksaam is. Die skrywers van hierdie boek het nie alleen 'n deeglike besef van hierdie noodsaaklike behoefte nie, hulle spreek dit ook baie effektief aan deur middel van hulle uiters waardevolle ervaring. Hierdie ervaring spruit voort uit praktiese betrokkenheid by die onderwys asook deeglike navorsing op die terrein van onderwysreg. Kennis van al die aspekte wat in hierdie boek aangespreek word, verbeter ongetwyfeld die kwaliteit van die onderrig- en leerproses in die klaskamer Р'n broodnodige doelwit om na te streef. Dit skep ook 'n veiliger omgewing waarbinne elkeen funksioneer. Persoonlik is ek baie dankbaar vir die bydrae wat deur middel van hierdie handige handleiding gemaak word tot die uiteindelike kwaliteit van onderwys in Suid Afrika.

Inleiding tot Die Onderwysreg