Spatsels Uit Die Alfabet Se Inkpot

ebook

By Louie van der Watt

cover image of Spatsels Uit Die Alfabet Se Inkpot

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today
Libby_app_icon.svg

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

app-store-button-en.svg play-store-badge-en.svg
LibbyDevices.png

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Loading...

Spatsels Uit Die Alfabet Se Inkpot is 'n samevatting van gedigte wat 'n refleksie van die allerdaagse lewe is. Lank uitstaande werkstuk wat groot vreugde en ontspanning vir ieder leser sal bring

KATELYN SE LULLABY

Ek vang vir jou 'n sterretjie my kind

bind hom toe in 'n moskombersie

en sit hom langs jou kussing neer

Ek steel vir jou 'n wit ster-stert

en hang hom aan 'n reënbogie

bokant jou seegras bedjie vir die aand

Ek onderhandel met die maan

'n straaltjie om te leen

deur die gleufie in jou kamer se kantgordyn

Ek verlei die vuurvliegies met 'n nektar blom

om klein sterretjies teen jou kamermuur te ets

terwyl Kersfees torre soet aromas oor jou bedjie strooi

... ek vang vir jou 'n sterretjie my kind

en vou hom in jou handjies toe

vir jou om teen jou vas te hou

tot môre toe.

BLOUBERG SE STRAND

Ek maak die vensters van die oggend oop

en kyk hoe Tafelberg se spook asem teen sy hange

met 'n lag afgly tot in die see se oopgespalkte kruin arms

en Blouberg se strand loopplek langs sy skuimbaard maak


Die nag se agteros gedagtes

kom speel klop-klop by my agterdeur

terwyl Bloubergstrand se sout my lippe brand

en die see se rolbos branders lêplek op die strand kom soek


Die wit gekalkte huisies

lê vermom in die see se wasem-asem

terwyl vissersbootjies stoei teen ankertoue

as die seestrome hulle verlei om terug see toe te gaan


Vissersnette lê oor uitgespoelde houtstamme

droog geterg deur gisternag se winde

terwyl oumas voorskote verfrommel

oor kleinkinders wat vir die eerste maal moet see toe gaan


Die wind blaai deur die bokkoms op my agterstoep

terwyl die branders albasters tussen die sandkorrels speel

en die see sy briewebus uitspoeg

iewers op Blouberg se strand

Spatels Uit Die Alfabet Se Inkpot is 'n pot vol woordeskatte. Kom deel die skrywer se avontuur

Spatsels Uit Die Alfabet Se Inkpot