Bokke se Kombuis

ebook Vier die liefde vir kos, familie en rugby

By Duane Heath

cover image of Bokke se Kombuis

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today
Libby_app_icon.svg

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

app-store-button-en.svg play-store-badge-en.svg
LibbyDevices.png

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Loading...

Bokke se Kombuis is 'n visuele feesviering van Suid-Afrikaners se liefde vir kos en rugby, hier aangebied in die gunstelingresepte van 40 voormalige en huidige Springbokrugbylegendes. Van die beroemdste manne in groen-en-goud het hul truie vir voorskote verruil—waaronder John Smit, Kobus Wiese, Victor Matfield, Wynand Claassen, Fourie du Preez, Jan "Boland" Coetzee, Bryan Habana, Chester Williams, Morné du Plessis en Bakkies Botha—om hul liefde vir kos te onthul.

Weg van die rugbyveld en die fel lig van televisie­kameras, neem Bokke se Kombuis jou tot in die spelers se huise en harte, en gee 'n intieme kykie in die rol wat kos in hul private lewens speel. Bokke se Kombuis gaan egter nie net oor ons rugbyhelde se gunstelingresepte nie—dit is 'n unieke Suid-Afrikaanse verhaal oor hoe kos ou rugbyvriende en totale vreemdelinge om braais, skottels en kombuistafels oor die hele land heen bymekaarbring.

Bokke se Kombuis