Nege dae in die hemel

ebook N ware verhaal

By Dennis Prince

cover image of Nege dae in die hemel

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today
Libby_app_icon.svg

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

app-store-button-en.svg play-store-badge-en.svg
LibbyDevices.png

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Loading...

Godsdienstige opwekkingsbyeenkomste in hul tuisdorp het Marietta se ma en susters se lewens beïnvloed, maar geen uitwerking op Marietta gehad nie. Hoewel sy nagedink het oor die betrokke kwessies, was sy nie godsdienstig nie en het nie daarin belang gestel om hierdie sake te bespreek nie.

Sewe maande na die opwekkingsdienste het Marietta onverwags verval in 'n ongewone beswyming wat nege dae lank geduur het. In daardie tyd kon haar familie en hul dokters haar glad nie bybring nie. Toe sy uiteindelik haar bewussyn herwin het, was sy by haar volle verstand en kon met byna bonatuurlike waarneming en begrip beskryf hoe engele haar gees na die hemel en hel geneem het. Sy het verstommende tonele in hierdie plekke in die fynste besonderhede beskryf.

Marietta het dit duidelik gestel dat die visioen om 'n spesifieke rede aan haar gegee is. Sy het opdrag gekry om die wêreld daarvan te vertel sodat mense hulle vir die lewe in die hiernamaals kon voorberei.

Sy is sewe maande na die visioen dood – op die tyd en wyse wat sy voorspel het.

Marietta Davis is in 1823 in Berlin, New York, gebore en het saam met haar ma en twee susters daar gewoon. Toe sy vyf en twintig jaar oud was, het sy 'n gesig gesien wat haar die besprekingspunt van haar gemeenskap en 'n legende vir toekomstige geslagte gemaak het.

Haar verhaal is gepubliseer en die oorspronklike uitgewer het versigtig opgemerk: 'Een uitgawe na die ander het verskyn en is stilweg opgekoop deur die lesende publiek.' En so het die merkwaardige verhaal wyd bekend geraak.

Nege dae in die hemel