Help! Daar's 'n Stoof in my Kombuis

ebook Resepte tot die redding

By Annabel Frere

cover image of Help! Daar's 'n Stoof in my Kombuis

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today
Libby_app_icon.svg

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

app-store-button-en.svg play-store-badge-en.svg
LibbyDevices.png

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Loading...

Begin by die grondbeginsels en leer hoe om indrukwekkende dog bedrieglik maklike maaltye voor te berei—Help! Daar's 'n stoof in my kombuis is die ideale wegspringplek vir die kombuisgroentjie. Hoofsaaklik 'n kookboek vir skoolverlaters en jong volwassenes, bevat Help! Daar's 'n stoof in my kombuis meer as 170 resepidees en wenke hoe om te werk te gaan om heerlike, voedsame maaltye voor te berei wat jou sak pas. Die resepte wissel van basies tot indrukwekkend, maar almal is redelik vinnig en maklik om te maak. Sommige resepte bied verskeie opsies, soos quiche-vulsels, om in verskillende smake te voorsien en die ontluikende kok se repertoire uit te brei.

Help! Daar's 'n stoof in my kombuis neem begroting in ag en gebruik hoofsaaklik laekoste-items en, waar moontlik, 'n minimale hoeveelheid bestanddele. Daar is wenke oor hoe om tyd, energie en elektrisiteit te bespaar asook enkele wenke hoe om kookblapse te herstel. Gewapen met net 'n koppie, 'n teelepel, 'n eetlepel en die bereidwilligheid om te leer, is Help! Daar's 'n stoof in my kombuis al wat nodig is om 'n kombuisfoendie te word.

Help! Daar's 'n Stoof in my Kombuis