Gawie Botha Raak Balisties

ebook Gawie Botha

By Franz Ludick

cover image of Gawie Botha Raak Balisties

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today
Libby_app_icon.svg

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

app-store-button-en.svg play-store-badge-en.svg
LibbyDevices.png

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Loading...

As 'n klein seuntjie het Gawie die Keiser se agent Kommandant Illian ontmoet. Illian se bevele was om Gawie in die 'Weg van die Gees' te onderrig en hom by te staan tot hy na die volgende vlak van sy onderrig kon vorder.
Gawie het deur rowwe tye in die skool gegaan en hy was 'n regte doring in die vlees van die Prinsipaal.

Terwyl hy nog in hoërskool was het hy al besluit om 'n suksesvolle besigheidsman te word en hy het, met die hulp van sy broer en sy vriende, begin met onderhandelinge met die Planetêre Rade van die twee planete Manchuria en Murka.

Gawie het besluit dat sy vragskip vloot vergroot moes word om al die besigheid te behartig wat hy gekry het, maar hy kon dit nie bekostig nie. Hy maak 'n plan on ruimteskepe van die sterrestelsel Hesnie te skaak.

Hulle het mos al van die Melkweg se skepe geskaak! Deur goeie beplanning was hy suksesvol met die skakings in Heshnie en Gawie moes na Galanta toe gaan om reëlings te tref om sy geld weg te steek, uit sig uit van die Melkweg Sterrestelsel Raad.

Hy sou nooit kon verduidelik waar hy al die vondse gekry het om al die skepe to koop nie.

Gawie ontmoet Alexei wie 'n groot deel in sy toekomstige lewe sou speel.

Alexei en Gawie beplan nog rooftogte in Heshnie en hulle spanwerk het goed gewerk.

Gawie ontmoet agente van die onderwêreld en hy raak betrokke in 'n donker besigheid.

Na ingewikkelde en gevaarlike gebeure het Gawie die gesteelde super en splinter nuwe Andromedaanse ruimteskip aan hulle terug besorg, en hy was benoem as 'n sterrestelsel held!

Gawie ontmoet die rooihuid hoofman Bruin Beer en, soos die Keiser beveel het, verskuif hy van die rooihuide na hul eie planeet 'Nuwe Maka'.

Gawie begin met 'n reuse onderneming om motelle ooral deur die sterrestelsel op te rig, en hierdie motelle word uiteindelik 'veilige hawens' vir die vloot sowel as vir die ruimterowers wat oorals besig was.

Ongelukkig maak Gawie 'n verkeerde besluit en hy word heterdaad betrap in onwettige besigheid.

Die Hoof van die Aardse Polisie, wie al lank op Gawie se spoor was, was verheug en hy besluit om Gawie in 'n vloot vragskip weg te stuur met die opdrag dat Gawie nooit weer sy voete op enige planeet mag sit nie.

Hoofman Bruin Beer het uiteindelik tot besef gekom wie die Keiser regtig was en daardie kennis het hom diep geskud.

Gawie Botha Raak Balisties